Japan identifiseer nuwe virus variant

ʼn Nuwe variant van die koronavirus het in Japan kop uitgesteek nadat deskundiges dit vasgestel het, en sê hulle is seker die variant het nie in Japan ontwikkel nie.

Volgens die wetenskaplikes het die nuwe variant Covid-19 virus vanaf die buiteland in Japan aangekom, en seniors in gesondheidsdienste het gesê daar is reeds 91 gevalle van die nuwe variant gevind, wat nie ooreenstem met die bestaande variante afkomstig uit Suid-Afrika en Brittanje nie.

Japan se Nasionale Instituut van Aansteeklike Siektes het bevestig dat die variant die derde een is waarvan hulle bewus is, en dit is nog nie bekend of die bestaande entstof soorte immuniteit teen die nuwe variant sal bied nie.