Italië se nuwe premier ingesweer

Dit is selde dat ʼn president van ʼn land iemand kan vra om premier te word en dan boonop iemand aanwys wat deur 80% van die parlementslede ondersteun word om die amp te beklee.

So ʼn persoon is die voormalige Europese Sentrale Bank se hoof, Mario Draghi, wat feitlik al die politieke leiers in Italië se steun geniet om as Eerste Minister die land te dien.

Draghi is die afgelope naweek ingesweer as die nuwe Eerste Minister, en die voormalige bankier se taak is om Italië uit die finansiële chaos waarin hy verkeer, uit te lei tot ʼn bestel wat sekuriteit sal bied.

Die 783-jarige ekonoom en voormalige bankier het vroeër daarin geslaag om die Europese geldeenheid, die euro, tot groot hoogtes te neem met sy kennis en vaardigheid van die ekonomiese wêreld, en alle oe is nou op hom gerig om Italië te red uit sy chaotiese stand.