Islamitiese Staat vegter los eie kinders

Die vegters van die Islamitiese Staat terroriste beweging het honderde van hulle kinders en selfs vroue agtergelaat nadat die Koerdiese stryders hulle verslaan het met behulp van die VSA magte in die noorde van Sirië.

Die verenigde Nasies het nou ʼn beroep gedoen op sy lidlande om die kinders en die vroue te hulp te gaan deur hulle in hulle lande huisvesting te bied.

Die oorvol konsentrasiekamp, Al Hol,  in die noorde van Sirië huisves tans sowat 27,000 vroue en kinders waarvan meer as 80% verbind word aan vegters van die Islamitiese Staat.

Die teen-terrorisme afdeling van die Verenigde Nasies se hoof, Vladimir Voronkov, het ʼn ernstige beroep gedoen op lande om die verwaarloosde vroue en kinders in te neem in hulle lande.

Volgens die Verenigde Nasies is die betrokke konsentrasiekamp die grootse een in Sirië, het huisves meer as 62,000 mense wat almal deur die VN se gesondheid afdeling versorg word met lewensmiddele.