Iran wys VN span die deur

Die Verenigde Nasies se ondersoek span wat na Iran is om inligting te kry oor die land se program om verrykte uraan te produseer, is die deur gewys.

Te midde van Iran se optrede, sal die Internasionale Atoom Energie Agentskap vir die volgende drie maande steeds hulle ondersoek kan doen.

Politici in Iran en die Verenigde Nasies se waghond het ooreengekom om wel tydelik met die ondersoek voort te gaan.

Die VN se waghond het later bevestig dat ʼn ooreenkoms bereik is vir die ondersoek wat gedoen moet word, maar dit sal slegs vir die volgende drie maande van krag wees, en dit lyk of Iran daarna nie sal toelaat dat ondersoekers na sy uraan verrykings aanleg toegang sal kry nie.

Tehran het in Desember 2020 ʼn wet deurgevoer wat bepaal dat sekere voorwaardes nodig is alvorens ondersoek na sy kern-aanleg toegelaat sal word.

Een so ʼn bepaling is dat niemand toegelaat sal word indien Europa nie sy onderneming aan Iran deurvoer nie. Die regering van Iran wil ook op die wyse druk plaas op die VSA om die ooreenkoms te aanvaar wat tans onder bespreking is.