Iran meer aggressief oor verrykte uraan

Iran het bekend gemaak dat hy die gebruik gaan staak om video materiaal van sy uraan verrykings aanleg beskikbaar te stel.

Die besluit is deur wêreldleiers as “gevaarlik” bestempel en kom na die Verenigde Nasies se kernwapen agentskap sy kommer uitgespreek het oor Iran se toenemende aggressie en die VSA se weiering om die sanksies teen Iran op te hef.

Iran is besig om deur die optrede die Amerikaanse president, Joe Biden, te toets oor watter rigting ingeslaan sal word om die krisis af te weer.

Waarnemers reken Iran se besluit om nie meer inligting te deel oor sy uraan verrykings aanleg nie, plaas hy nie net groot druk op Joe Biden nie, maar kom die Internasionale Atoom Energie Agentskap ook in gedrang, en kan die uiteinde daarvan tot veel gevaarliker omstandighede lei op die internasionale vlak.

Die Minister van Buitelandse Sake in Iran, Mohammad Javad Zar, het later aan die media gesê Tehran sal beslis stop met die daaglikse en weeklikse oorhandiging van die opnames wat gemaak is by die verrykings aanleg.