Indiese vuurwerk fabriek in brand verwoes

Sowat 30 mense het ernstige beserings opgedoen toe ʼn fabriek in Indië wat vuurwerke vervaardig, onverwags deur ʼn brand verwoes is.

Nagenoeg 19 mense het omgekom in die voorval waarvan die ontstaan van die brand nog deur die polisie ondersoek word.

Die vuurwerk vervaardiger wat in besit van private eienaars is, se gebou het ook inmekaar getuimel van die geweldige slag toe groot vaatjies met plofstof deur die vlamme bereik is.

Die fabriek wat in die Tamil Nadu gebied geleë was, is geheel en al plat gevee deur die ontploffings, en die ontploffings is oor ʼn groot gebied gehoor.

ʼn Woordvoerder van die polisie sê 11 mense is op die toneel gedood, en agt is in die naaste hospitaal oorlede, maar hospitaal woordvoerder se daar is mense wat baie ernstige wonde opgedoen het, waarvan ʼn paar se lede in die weegskaal is.

Eerste Minister Modi het in ʼn verklaring gesê die families van die slagoffers sal van die staat kompensasie ontvang om te help dra aan die verliese wat gely is.