Indië plofbaar met ontevrede landbouers

Nadat samesprekings tussen die regering en die landbouers van Indie misluk het, het die ontevrede landbouers hulle tot verset optrede gedwing wat die konflik situasie verder verhoog het.

Die duisende landbouers wat met trekkers opgeruk het na New Dehli het aanvanklik die snelweë se verkeer sodanig vertraag dat voertuie oor kilometers tot stilstand gedwing is.

Die regering was genoodsaak om die mobiele internet se diens in verskeie gebiede rondom die hoofstad afgesny, wat die ontevrede landbouers ook tot aksie gedwing het en eenparig besluit het om die lewering van hulle produkte aan die markte op te skort.

Die konflik het reeds die dood van een persoon tot gevolg, en het die produsente daartoe beweeg om met die “honger staking” te begin.

Nuwe hervormings binne die landbou word deur die regering beplan, maar die landbouers sê hulle is die enigstes wat daardeur benadeel sal word, en weier om enige aanpassings in die huidige beleid te aanvaar nie.