Indië kry Tesla fabriek

Tesla se Hoof Uitvoerende Beampte, Elon Musk, het verskeie kere in die verlede gesê hy wil die motor mark in Indië betree, en het verlede maand glo daarin geslaag om ʼn elektriese motorvoertuig kantoor te registreer.

Musk het in ʼn media onderhoud gesê hy sal waarskynlik die fabriek in 2021 oprig en daarmee ë groot deurbraak maak tot voordeel van daardie deel van die wêreld se ekonomie.

Volgens die koerantberigte in Indië, gaan Tesla sy e-motor fabriek in Kanataka oprig, en sal gepoog word om dit nog gedurende 2021 te voltooi.

Tesla is tans besig met die oprigting van sy aanleg in Duitsland, en het reeds in Sjina ʼn fabriek opgesit wat met produksie begin het,

Politici in Indië sê die koms van Tesla se groot voordeel sal wees dat die land se olie aankope drasties kan daal as die e-motors eers in die mark beskikbaar geraak het.