Hong Kong pro-demokrate kry Britse hulp

Inwoners, en veral die pro-demokrate, wat in Hong Kong woonagtig is, kan nou aansoek doen om ʼn nuwe visum te kry om in Brittanje te woon weens die erge vervolging wat inwoners tans ervaar.

Die Britse regering het die aankondiging gemaak nadat berigte ontvang is van pro-demokrate wat deur die polisie gearresteer is terwyl die mense geen wandaad gepleeg het nie.

Die Sjinese regering sê hy gaan nie langer die nuwe Britse paspoorte erken noudat die land Britse burgerskap aan Hong Kong inwoners beskikbaar stel nie.

Die Konserwatiewe Party regering van Eerste Minister Boris Johnson in Brittanje reken die nuwe visum kan bydrae dat meer as 300,000 inwoners van Hong Kong aansoeke kan inhandig vir Britse burgerskap.

In reaksie op die Britte se nuwe inisiatief het Beijing gesê diegene wat suksesvol is met hulle aansoeke om Britse burgerskap sal deur die Sjinese regering as mense as ʼn tweede klas burgerskap in Hong Kong woon.