Hong Kong bevorder Sjinese entstof

Die leier van Hong Kong, Carrie Lam, het die Sjinese Sinovac entstof teen koronavirus bevorder toe sy saam met senior beamptes ʼn lewendige televisie program gehad het om die twyfel wat bestaan uit die weg te ruim.

Die program is aangebied enkele dae voor die amptelike inenting veldtog begin, en is bedoel om meer vertroue te wek by die kykers publiek van Hong Kong.

Die Sjinese produk is die eerste entstof teen Covid-19 wat in die stad bekend gestel word, en is ʼn aansienlike tyd voor die Pfizer-BioNTech entstof wat eersdaags afgelewer sal word in die Sjinese spesiale administrasie streek.

Carrie Lam was die eerste persoon in Hong Kong wat met die Sjinese entstof ingeënt is, en die inenting was deel van die TV program om mense te probeer oortuig dat die entstof goed vergelyk met ander.