Hernude Skool vandalisme

Oor die Desember/Januarie 2020/2021 periode was daar 59 voorvalle van vandalisme by skole in die Wes-Kaap. Dit blyk dat lede van die samelewing skole sien as ‘n sagte teiken. Rekenaar- en ander elektroniese toerusting word gewoonlik geteiken maar gaan gepaard met die inherente drang om te beskadig. Skole word dus nie net besteel nie maar skade aan kantore en klaskamers vind gereeld plaas tydens inbrake. Die plundering vind plaas in sg. “agterblewene” areas.  Weinig , indien enige skole, in Blanke woonbuurte word geteiken. Is dit nie tyd dat gemeenskappe self verantwoordelikheid aanvaar vir die beskerming van die infrastruktuur binne hul eie areas nie.?  Dit is hierdie inwoners wie skade lei weens die vandalisme/diefstalle maar dit is maar elke keer die belasting betaler wat moet opdok vir die herstel van ide geboue.