Greta in spervuur oor uitlatings

Die skooldogter, Greta Thunberg, wat op die wêreldnedia se voorblaaie is vir haar pogings om bewusmaking by mense op te wek oor klimaat verandering, het waarskynlik hierdie keer te ver gegaan deur haar “roem” te oorskat.

Die polisie in Indië het ʼn klag teen haar gelê weens haar uitlating dat sy waarskynlik haar steun gee aan die stakende en betogende boere van Indië.

Die jong aktivis wat wêreldwyd skoliere gemobiliseer het oor klimaatsverandering is deur gesaghebbende bestempel as ʼn sterk kandidaat vir ʼn Nobelprys, maar met haar jongste uitlatings wat geen werklike verband het met die klimaat in Indië nie, het sy haar onkunde getoon en haar op ʼn terrein begewe waarvan sy nie goed onderlê is nie.

Die jong Sweedse dogter het gereageer op die polisie se aanmerking dat Greta se “haat” deur die landbouers se onwettige protes aksies te steun, gesê niks sal verander om die dreigemente en geweld te regverdig nie.

ʼn Politieke ontleder het aan Die Vryburger gesê dit is tyd dat die kind wat klaarblyklik die wêreld wil verander na haar sin, se mond gesnoer word.