Grense oopgestel is gevaarlik

Die aankondiging dat die land minstens 20 grensposte oopstel, kan beteken dat fase 3 van die pandemie binne twee tot drie weke die land tref.

Met die sluiting van grense het die pandemie vinnig verander en het infeksies dramaties gedaal. Terwyl die grensposte oop was, het SA tot 18,000 nuwe gevalle per 24 uur geregistreer.

Deur nou die grense weer oop te maak beteken die mense uit buurlande gaan weer instroom en duisende nuwe infeksies veroorsaak.

Die mening is uitgespreek deur geneeskundiges dat die grense vir minstens 30 dae langer gesluit moes bly.

Suid-Afrikaners word gemaan om nou, meer as voorheen, versigtig te wees en die gewone maatreëls streng na te kom om nie infeksie op te doen nie.