Gerugte van parool vir Oscar

Die welbekende atleet, Oscar Pistorius, wat etlike jare gelede skuldig bevind is aan moord, kan moontlik binne twee of drie jaar kwalifiseer vir parool.

Pistorius is skuldig bevind aan moord op sy meisie, Reeva Steenkamp, en die opspraakwekkende hofsaak het die wêreld aan die gons gehad.

Gerugte doen die rondte dat Pistorius ʼn “rol model” is wat glo ʼn nuwe blaadjie omgeslaan het en derhalwe mag kwalifiseer vir vervroegde parool.

Een van die deskundiges wat in die hof getuig het tydens die verhoor, reken dat die moordenaar vroeër kan kwalifiseer vir parool as wat normaalweg toegelaat word.

Klaarblyklik is Pistorius op die oomblik ʼn trekker bestuurder op ʼn plaas van die tronk waarin hy aangehou word.

Groot gewag word gemaak van sy Bybel studiegroep wat hy gestig het en waarmee hy ander onderrig.