Frankryk sluit lughawens weens Covid

Die Franse regering van President Emmanuel Macron het besluit om drastiese maatreëls in te stel in ʼn poging om die verspreiding van die nuwe variante koronavirus te vermy.

Alle lughawens is gesluit vir vlugte na en van lande buit Europa, maar die besluit is nie van toepassing op vragmotors van en na Brittanje nie.

Ingeligte bronne sê die groot gevaar is juis dat infeksie gevalle van die nuwe variant koronavirus uit Brittanje kan kom.

Die algehele verbod van vlugte is so geformuleer dat die lughawens van Frankryk slegs buitelandse vlugte toelaat van lidlande van die Europese Unie.

Eerste Minister Jean Castex het die aankondiging na afloop van die vergadering van verlede Vrydag gemaak en bygevoeg dat groot winkelsentrums ook gesluit word met die uitsondering van kruideniersware winkels in die sentrums.

Reisigers wat per motor na Brittanje wil gaan, sal nie verhinder word nie, en hulle mag ook enige ander land in Europa besoek.