Ford Europa voluit vir elektriese motors

Die Amerikaanse voertuig vervaardiger Ford beoog om sy passasiers motorvoertuie vir die Europese mark om te skakel na elektriese voertuie.

Met die nuwe koers van Ford sal sy binnebrandstof modelle binne die volgende paar jaar nie meer in Europa beskikbaar wees nie.

Om die nuwe rigting in te gaan, beteken da teen van sy vervaardigings aanlegte in Cologne omgeskakel sal word met ʼn kapitale belegging van R1 miljard om die omskakeling moontlik te maak.

Voorts beoog die vervaardiger die oprigting van ʼn vervaardigings aanleg in Duitsland waar elektriese passasiersvoertuie vervaardig sal word.

Ford is genoodsaak om die veranderings te doen in die lig van die Europese regerings wat die vervaardiging van binnebrand aangedrewe motors wil ontmoedig.

Ford sal dus begin deur sy aanleg in die Duitse stad Cologne om te skakel en op te gradeer tot een waar slegs e-motors gebou sal word.