Europese hof beveel Navalny vrylating

Die Russiese kritikus Alexei Navalny,  wat gearresteer is met sy terugkeer uit Duitsland weens beweerde verbreking van parool voorwaardes, moet vrygelaat word.

Die Europese Hof van Mense Regte het Rusland versoek om Navalny vry te laat en meld dat die vrylating weens grondige redes nodig geword het.

Kenners wys daarop dat Navalny opgesluit is om te verseker dat sy openbare uitsprake beperk word en hom daarmee te laat swyg oor aktuele sake.

Navalny se ondersteuners het ook ʼn afskrif van die hof se bevel aan sy regsverteenwoordiger in Rusland gestuur wat gebruik mag word om die Russiese regering kennis te gee van die uitspraak.