Europa se oudste oorleef Covid

Lucile Randon in gebed

Europa se oudste mens, die 117-jarige Lucile Randon, wat die naam Sister Andre gekry het weens haar jarelange diens, en woonagtig in Toulon, Frankryk het ʼn uitsonderlike prestasie behaal en telkens die aanslag van ʼn virus infeksie oorleef.

Die dame wat die afgelope week haar 117de verjaarsdag herdenk het, is op 11 Februarie 1904 gebore en het in 1918 die Spaanse griep oorleef.

Tydens die 1918 griep het meer as 50 miljoen mense gesterf aan die virus aangesien die mediese wetenskap nie so goed toegerus was as wat vandag die geval is nie.

Sy het ook vanjaar se koronavirus infeksie oorleef, maar was tog hartseer omdat die familie nie toegelaat kon word om saam met haar die verjaarsdag te vier nie.