EU stuur sterk sein aan Russe

Estland se Minister van Buitelandse Sake, Eva-Maria Liimets, het aan die media gesê dat EU sanksies teen Rusland ʼn sterk sein aan die Kremlin is en dat dit ʼn bydrae tot internasionale verpligtinge is.

Die kragtige boodskap wat die Europese Unie aan Moskou gestuur het rakende die vrylating wat geëis word van Alexei Navalny, bevat die waarskuwing dat sanksies teen Rusland ingestel gaan word deur die Europese Unie.

Lidlande van die EU se Ministers van Buitelandse Sake het die week vergader en besluit dat sanksies teen Rusland ingestel sal word indien Navalny nie vrygelaat word nie.

Die EU sê individuele persone sal deel wees teen wie sanksies ingestel sal word indien die Russiese kritikus Alexei Navalny nie vrygelaat word uit die gevaarlikste tronk in Moskou nie.

Vorige soortgelyke sanksies teen Rusland het misluk, maar die minister reken die nuwe sanksies is veel meer doeltreffend ingestel.