EU skarrel terug oor entstof tekort

Ursula von der Leyen, hoof van die Europese Unie, het erken dat die EU die moontlike probleme met die lewering van entstof onderskat het.

Die EU het verlede week gal gebraak oor die vervaardigers van koronavirus entstof nie daarin slaag om volgens ooreenkoms sy entstof een Europa te lewer nie.

Die dreigende houding van die EU om die uitvoer van entstof te onderwerp aan nuwe wetgewing, het selfs die Verenigde Nasies se gesondheid struktuur, die WGO, laat  reageer.

Die EU het ook in die spervuur beland by gesondheidsdienste en politieke leiers van die lidlande toe daar onverwags ʼn tekort aan entstof is weens die vervaardigers se probleme met produksie.

Die Wêreld Gesondheid Organisasie (WGO) het vinnig toegetree en die EU daarop gewys dat gelyke verspreiding van entstof noodsaaklik is, en dat die EU nie moet verwag om eerste geholpe te raak met al die entstof wat hulle benodig nie.

Die Europese Kommissie se President Ursula von der Leyen moes later erken dat die produksie by vervaardigers se aanlegte wel ook probleme kry wat geskeduleerde lewerings datums verander.