Eskom stel weer beurtkrag in

Eskom het vanaf Vrydag tot Sondag Fase 2 beurtkrag ingestel en daarmee die ekonomie verder n harde terugslag gegee.

Die keer se verskoning kom dat die reënweer die steenkool nat gemaak het en derhalwe kan produksie nie volgehou word nie.

Eskom het egter in gebreke gebly om ʼn verskoning aan te kondig, maar kenners sê die kragvoorsiener se onvermoë om steenkool op te berg en droog te hou, is die hoof rede vir die ongerief.

Nagenoeg R900 miljoen gaan verlore in die land se ekonomie vir elke dag wat beurtkrag ingestel word, maar of dit die kragvoorsiener beindruk, word wyd bevraagteken.