Eskom skuil agter reën

Die beurtkrag wat weer sedert Vrydag tot Sondag ingestel is deur die nasionale kragvoorsiener, het nou twee redes waarom dit gebeur het.

Eskom sê die baie reën het die steenkool so benat dat dit ʼn negatiewe uitwerking op verbranding het en dus produksie benadeel.

Dit is egter nie almal wat daarmee saamstem nie, en kenners reken die steenkool se nat word mag ʼn uiters geringe invloed hê, maar behoort nie die rede te wees vir die instelling van Fase 2 beurtkrag soos wat gedoen is nie.

Ingeligte bronne sê die waarheid is dat die swak vakmanskap by die Medupi kragsentrale is die hoofrede waarom Eskom beurtkrag moes toepas. Die redelik nuwe kragsentrale is dikwels die swak plek weens die bedenklikheid van die gehalte werk wat gedoen is met die oprigting van die kragsentrale.

Die foute wat gedurig by Medupi lei tot onderbrekings word toegeskryf aan swak vakmanskap tydens die oprigting van die kragsentrale wat nou slegs enkele jare in bedryf is.