Ernstige twyfel in SA oor entstof

Die ANC regering, en die Minister van Gesondheid, Dr Zweli Mkhize, ondervind klaarblyklik sterk teenkanting teen inenting, wat veral afkomstig is uit ANC geledere.

Die minister moes die afgelope naweek weer die versekering gee aan die beswaardes en twyfelaars dat die entstof baie veilig is.

Die minister het ook bevestig dat niemand sal betaal om geïmmuniseer te word nie, want die entstof word gratis aan inwoners van die land gegee.

Hy sê dit is nodig dat mense hulle laat inent om hulleself te beskerm teen die Covid-19 infeksie wat reeds duisende mense se dood veroorsaak het in die land.