Entstof spoke loop in SA

Die swak hantering van die eerste besending van 1 miljoen dosisse entstof het die sosiale netwerk aan die gons oor die verkwisting van geld en kosbare tyd.

Die regering het met groot vertoon, n lang ry swart motors en al wat wat belangrike minister is, die optog meegemaak na die vliegtuig wat die entstog gebring het uit Indië, wat dan ook met belangrike aankondigings en wyshede gepaard gegaan het.

Die entstof sou aangewend word om die werkers in gesondheidsdienste te immuniseer, net om later vas te stel dat die entstof minimale beskerming sal bied teen die nuwe variant van die koronavirus wat in Suid-Afrika ontstaan het.

Sonder om te blik of te bloos, het die menere in die swart motors toe moes besluit dat die entstof nie geskik is nie, en dat ander entstof nodig is om die werkers te immuniseer.

Maar een miljoen dosisse entstof, is nou eenkant gesit en word daar gewag vir ander entstof, want Oxford entstof is nie effektief nie.

Onbevestigde berigte lui dat die Oxford entstof ook nog binne drie maande verval, wat beteken dit is nutteloos as dit nie nou gebruik gaan word nie.

Wie betaal nou vir die nalatigheid, word gevra.