Entstof: EU se massa bestelling gekritiseer

Te midde van hewige kritiek oor die Europese Unie (EU) se massa bestelling vit koronavirus entstof, het die Duitse Bondskanselier en die Franse president die EU optrede verdedig.

Kanselier Angela Merkel en President Emmanuel Macron het die afgelope naweek die EU se massa entstof bestelling verdedig te midde van ʼn tyd toe die vervaardigers nie die hoeveelheid dosisse kon lewer weens produksie probleme.

Die Franse president se argument het egter nie ʼn positiewe uitwerking gehad nie, en die standpunt wat hy huldig oor “wat sal gesê word as Duitsland en Frankryk teen mekaar kompeteer” oor verkryging van entstof, het geen kritikus beïndruk nie.

Merkel het gesê die feit dat die EU namens sy lede bestellings geplaas het, is reg en verdien nie kritiek nie.

Die EU het vroeër gedreig om die uitvoer van entstof na nie-lede van die Europese Unie toe, verbied gaan word, maar het enkele dae daarna teruggedeins toe die Wêreld Gesondheid Organisasie (WGO) daarop aangedring het dat die beskikbaarstelling van entstof eweredig verdeel moet word tussen ryk en arm lande.