Entstof dalk nie so betroubaar

ʼn Lid van die Amerikaanse Kongres wat Massachusetts verteenwoordig, het twee keer die Pfizer entstof ontvang, maar het daarna weer positief getoets vir die koronavirus.

Die man het slegs ʼn week nadat hy sy tweede dosis entstof ontvang het, positief getoets vir die virus, wat volgens kenners ʼn duidelike bewys is dat die entstof nie op alle mense ewe doeltreffend is nie.

Molly Rose Tarpey, die kommunikasie direkteur van die Kongres lid Stephen Lynch, het gesê dat die parlementslid na sy tweede dosis entstof niks makeer het nie, maar ʼn week later wel positief getoets het.

Die parlementslid het vir veiligheidsredes hom laat toets voordat hy besoek sou bring by die Amerikaanse president, Joe Biden, en moes gevolglik sy besoek kanselleer.

Enkele dae later is ʼn persoon in Boston ook positief getoets nadat hy reeds sy tweede dosis entstof gekry het, en was genoodsaak om nie na sy werk terug te keer nie.