Emirate se vroue in ruimtevaart tegnologie

Die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) se Mars Sending het die strewe om ʼn geheelbeeld te kry van die atmosfeer en daarvoor is ʼn span wetenskaplikes saamgevoeg waarvan 80% uit die vroue geledere is.

Die Emirate se ruimte satelliet is geprogrammeer om die atmosfeer rondom Mars binne te gaan en vir sewe maande lank inligting te versamel.

Die data sal die sowat 500 miljoen kilometer afstand na die Aarde gestuur word vir verdere ontledings en navorsing.

Net die projek maak die VAE homself die vyfde ruimtevaart agentskap wat daarin slaag om die Rooi Planeet te besoek, en die eerste Arabiese staat wat die prestasie bereik.

Die sending kos die Emirate sowat $200 miljoen, en is sy lansering vanaf die Japanse ruimtevaart sentrum gedoen.

Die Emirate sal met die sending nou ook die klimaat van Mars kan bepaal en op ʼn daaglikse basis bestudeer.