Eerste Mars foto’s in kleur

Nasa het die eerste kleur foto’s ontvang wat deur die ruimtetuig Perseverance gestuur is na ʼn suksesvolle landing op Mars uitgevoer is.

Die ruimtetuig wat Donderdag suksesvol geland het op die Rooi planeet, het glashelder foto’s wat in kleur is, aan Nasa gestuur.

Wetenskaplikes en ingenieurs is tans besig met fyn ontleding van die foto’s wat ontvang is, en die verwagting is dat meer foto’s later ontvang sal word.

Die foto’s wat gestuur is, het die enorme afstand na die aarde in minder as een dag geneem om deur Nasa ontvang te word.