Eerste besending Johnson entstof ontvang

Die eerste aflewering van 80,000 dosisse koronavirus entstof van Johnson& Johnson (J&J) het die land binnegekom, en sal opgevolg word met ʼn besending van 500,000 dosisse.

Die tweede besending sal blykbaar eers in Maart afgelewer word, sê die Minister van Gesondheid, Dr Zweli Mkhize.

Die entstof het Dinsdagnag aangekom, en is goedgekeur deur die SA Gesondheid Produkte Reguleerder om die gesondheidsorg werkers te begin immuniseer.

Kommer bestaan egter dat die dosisse wat in Maart verwag word, nie al die werkers van noodsaaklike dienste sal dek nie, maar die pluspunt is dat daar nou ʼn aansienlike daling is nuwe infeksies is.