Ebola krisis hervat in Wes-Afrika

Guinee, die Wes-Afrika staat wat voorheen swaar getref is deur die Ebola virus, het weer ʼn krisis nadat bekend gemaak is dat ʼn nuwe uitbreking volgens die minister van Gesondheid.

Intussen is verneem dat die Demokratiese Republiek van die Kongo ook talle gevalle het van mense wat die Ebola virus het.

Waarnemers wys daarop dat Ebola goed beheer kan word met die uitstekende en doeltreffende virus entstof wat twee jaar gelede vrygestel is, maar nie altyd in voorraad is by owerhede en hospitale in die lande nie.

In Guinee is sowat 10 mense se dood aangemeld, en in die Kongo is 4 gevalle geregistreer, maar met die swak infrastruktuur in die Afrika lande, word besmettie inwoners ook veels te laat bereik om mediese hulp te verleen.