Duitsland verwelkom Biden troepe beleid

Die Duitse regering van Bondskanselier Angela Merkel het hulle tevredenheid te kenne gegee met die Amerikaanse president, Joe Biden, se opmerking dat Europa en die Trans-Atlantiese gebied beveilig moet bly, wat beteken dat Amerikaanse troepe in Duitsland moet bly.

Joe Biden het besluit om die Trump beleid om te keer en die soldate wat uit Duitsland onttrek sou word, is gestop en sal nie meer van krag wees nie.

Die basisse in Duitsland wat deur die VSA gebruik is gedurende die Tweede Wêreldoorlog, het ʼn sleutel rol vervul in die Amerikaanse geskiedenis.

President Trump was van voorneme om ʼn groot aantal van die soldate in Duitsland, te verskuif na Pole en selfs na Hongarye, maar die verskuiwing is nou gestop deur die nuwe president van Amerika.

Na afloop van die Tweede Wêreldoorlog is ʼn ooreenkoms tussen Duitsland en Amerika aangegaan, en is die VSA se troepe in die land om Navo te versterk teen enige moontlike vyandige magte.