Duitsland soek steun vir Iran se kernooreenkoms

Nadat die vorige Amerikaanse president die VSA onttrek het uit die ooreenkoms met Iran oor die vervaardiging van kernwapens, het ernstige verdeeldheid ontstaan oor wat gedoen kan word om Iran te verbind aan ʼn akkoord om nie kernwapens te vervaardig nie.

Duitsland se kommer oor Tehran se geen-ooreenkoms benadering het nou ontwikkel tot die vlak waar wêreld diplomate as leiers na vore moet kom om wee te vind wat Iran sal stop om atoom wapens te vervaardig.

Dit is die oproep wat Bondskanselier Angela Merkel tot wêreldleiers gedoen het om ʼn internasionale krisis te voorkom.

 Merkel het haar bekommernis oor Iran se benadering telefonies met President Hassan Rouhani bespreek en in tussen is daar reeds beweging merkbaar dat wêreldleiers betrokke sal raak om te voorkom dat Iran roekeloos voortgaan met sy program.