Duitsland se vreemde ooreenkoms

Die Duitse regering het twee pogings om ooreenkomste te sluit, wat vreemd lyk, waarvan een beslis nie geslaag het nie, en die ander oor die potensiaal beskik om ook te misluk.

Die Duitse Minister van Finansies, Olaf Scholz het glo aan die VSA tydens die Trump regering, gepoog om n ooreenkoms aan te gaan  wat betekenisvol kan wees vir Europa.

Die Minister het voorgestel dat Duitsland gas sal aankoop van die VSA wanneer die VSA se Keystone pyplyn voltooi is, met die voorwaarde dat Amerika sy dreigement staak dat hy sal optree teen Rusland wat tans besig is met ʼn pyplyn, die Nord Stream 2,  na Europa.

Duitsland het ook aangebied om die VSA finansieel te ondersteun met $1.2 miljard in ruil vir die VSA se onderneming om nie sanksies teen Rusland in te stel nie.

Waarnemers sê hierdie pogings van Duitsland grens aan omkopery en kan selfs as ʼn soort korrupsie gesien word, maar die Trump regering het nie byval gevind om van die aanbod gebruik te maak nie.

Intussen het Joe Biden opdrag gegee dat die Keystone pyplyn se oprigting gestaak word, wat honderde mense werkloos sal laat.