Duisende Kongo inwoners ontwrig

Sedert die verkiesing in Desember het die regeringsmagte ʼn enorme taak om rebellemagte teen te staan in die Demokratiese Republiek van die Kongo.

Meer as 200,000 mense is ontwrig nadat hulle oor die grens moes vlug om van die gewelddadige magte weg te kom.

Die rebelle poog om die uitslag van die 27 Desember verkiesing ongeldig verklaar te kry, en dit het tot ernstige geweld gelei waar botsings met die veiligheidsmagte ontstaan het.

Intussen is berig dat vlugtelinge uit ander lande, wat na die Kongo moes vlug vir hulle lewens, nou ook in onveilige omstandighede is, en na raming is daar reeds meer as 90,000 wat in die Kongo is.

Die veiligheidsmagte van die Kongo word militêr gesteun deur die verenigde Nasies, Rusland en Rwanda sedert die presidentsverkiesing plaasgevind het waartydens President Faustin-Archange Touadera herkies is.