“Dit was nie ek” getuig oud-minister

Die voormalige Minister van Vervoer, Dipuo Peters, het getuig voor die Zondo Kommissie na Staatskaping, en met die beskuldigings van korrupsie by Prasa moes sy indringende vrae beantwoord.

 Sy het Maandag voor die Kommissie verskyn, en moes getuig oor aangeleenthede in verband met beweerde korrupsie by die Prasa agentskap.

Voorheen het die oud-minister beweer dat sy onbewus is van enige ongerymdhede of korrupsie by Prasa, en voor die Zondo Kommissie s2 Peters dat sy nooit betrokke was in die toekenning van tenders deur die agentskap nie en het haar nie ingelaat deur haar invloed te laat geld by tenders nie.

Baie vrae het gewentel rondom die Augustus 2015 vergadering wat ook deur Jacob Zuma bygewoon is volgens die getuienis van Popo Molefe.

Volgens Molefe het Zuma wel ingemeng in die Prasa funksionering, maar Peters sê dit was nie sy wat betrokke was nie.