Die skuldlas gaan nog groei

Die Minister van Finansies, Tito Mboweni, het in sy begrotingsrede aangedui wat die werklike skuldlas van Suid-Afrika is, en die skokkende daarvan is dat die skulde nog gaan vermeerder.

Die minister sê Suid-Afrika het R3,2 triljoen se skuld wat aan baie instansies terug betaal moet word. Wat egter nog meer bekommer, is dat hy nou reeds erken dat die skulde verder gaan toeneem tot R5,5 triljoen.

Dit is so ʼn groot las op die ekonomie dat daar weinig hoop is dat Suid-Afrika ooit uit die rommelstatus gaan loskom, en daar is geen hoop dat Suid-Afrika ekonomies gaan herstel binne die volgende 25 jaar nie, sê ekonome.

Deskundiges wys daarop dat die terugbetaling van kapitaal haas onmoontlik is met die massiewe rente bedrae wat jaarliks verpligte terugbetaling vereis.