Die masker irritasie

In die afgelope maande het die Covid-19 inperkings vir miljoene mense te veel begin word, en na sowat 10 maande van onderdrukte selfdissipline, het dit nou ʼn irritasie geword wat lei tot ongehoorsaamheid om te voldoen aan die neergelegde inperking maatreëls.

Hierdie optrede is nie net te vinde in Suid-Afrika nie, maar word oral in die wêreld ondervind waar die tweede en selfs derde pandemie dreig om alles te ontwrig.

In menige groot stede van die wêreld word duisende mense gesien wat in verset hulle skaar by diegene wat optog hou, en polisie is dikwels magteloos teen die duisende mense wat vreedsaam maar doelgerig hulle frustrasie tentoonstel aan die owerheid en sy veiligheidsmagte.

In Suid-Afrika was die naweek se optrede deur geïrriteerde mense meer sigbaar toe honderde die strande bestorm het en sonder enige inperkings maatreëls te gehoorsaam, die seewater geniet terwyl polisiebeamptes geen vinger verroer het om die wetsoortreders te arresteer nie.

In Europese lande is selfs soldate van die weermag se hulp ingeroep om wet en orde te handhaaf wat betref die maatreëls wat toegepas moet word.

Die feit dat ʼn beduidende afname in infeksie gevalle sowel as in sterftes die afgelope week ondervind is, het nie die maatreëls ongedaan gemaak nie, en voordat die aankondiging nie gemaak word dat maatreëls verslap word nie, behoort die wet toegepas te word.

Dit is hoe ʼn ordelike samelewing behoort te wees, en as die wetstoepassers nie hulle taak uitvoer nie, behoort hulle vervang te word met meer verantwoordelike mense.