Die Malema -Zuma alliansie

Die skielike besoek om oor ʼn koppie tee die ou vyandskap te besweer tussen Julius Malema en Jacob Zuma is nie so ingewikkeld as wat dit aanvanklik gelyk het nie.

 Die afgelope naweek se ontmoeting tussen die twee omstrede figure het slegs een doel, en dit is om die gemeenskaplike “vyand” teen te staan in hulle optrede.

Dit is bekend dat Jacob Zuma groot lof gehad het vir die voorsitter, Regter Raymond Zondo van die Zondo Kommissie oor Staatskaping, en sy skielike verwyte en beskuldigings kom na vore weens die feit dat hy voor die Kommissie moet verskyn.

Die gemeenskaplike vyand is die huidige Ramaphosa ondersteuners, terwyl die hoop gevestig is op die Openbare Beskermer, wat ʼn Zuma aanstelling is, en die ANC se Sekretaris-0Generaal, Ace Magashule, wat herhaaldelik sy openlike steun aan Zuma laat deur skemer in die hoop dat die ANC lede sy voorbeeld sal volg.