Die Koue Oorlog word warm

Die oorlog tussen die verskillend politieke leiers is besig om te verander van gluur vir mekaar tot daadwerklike optrede.

Die leier van die Rooi brigade, Malema, het glo bevestig dat hy die ANC se president, Cyril Ramaphosa, voor die regbank gaan sleep oor die veelbesproke CR17 voorval.

Malema eis dat die CR17 dokumentasie openbaar gemaak moet word, en waarnemers meen dit kan negatiewe gevolge inhou vir die president.

Die CR17 dokumente hou verband met die bedrag van R500,000 wat op sy CR 17 bankrekening gekom het, en wat hy in die parlement verskeie antwoorde gegee het as verklaring, word deur opposisielede beskou as die korrupsie waaraan die president skuldig is, terwyl hy korrupsie wil uitroei.

In ʼn hofsaak teen die president, wat deur die OIpenbare Beskermer aangevoer is, het Ramaphosa skotvry daarvan afgekom, en Malema wat kragte saamsnoer teen die president, het in dieselfde asem steun verleen aan Zuma en die omstrede Openbare Beskermer wat deur Zuma aangestel is.