Die interne stryd

Terwyl die ANC alles probeer om die diepe verdeeldheid in eie geledere probeer verberg, is daar die optrede van sekere elemente wat die werklikheid uitlig.

Een van die groter strydpunte lê in die leierskap en in die amp van die president, wat tans verskillende groeperinge neig om na mekaar te beweeg as minderhede om te probeer dat so ʼn meerderheid gemobiliseer te kry teen Cyril Ramaphosa.

Dit was immers Julius Malema en sy Rooi Brigade wat die vorige president, Jacob Zuma, hewig aangeval het in die parlement, en van Zuma hulle politieke vyand nommer een gemaak het.

Nou besoek Malema die vereensaamde Jacob Zuma en “drink saam met hom tee”.

Kort daarna is dit die oud-terreur organisasie, MK, se veteraan leiers wat ook besoek gaan bring, en hulle doen dit onder die dekmantel van die oud beweging se 60ste bestaansjaar vieringe.

Die Sekretaris-Generaal van die ANC, Ace Magashule, het openlike steun vir Zuma, en het gesê die mense moet hom “uitlos”.

Terwyl die verskillende groeperinge die Zuma-ondersteuners is, word dit meer merkwaardig as daarop gelet word dat die verskillende Zuma groepe nie noodwendig almal langs dieselfde vuur sal sit nie – Malema en Magashule sal moeilik as bloedbroers gesien kan word.

Dit is hierdie verdeeldheid, wat grotendeels gemik is om die verloorders te mobiliseer teen die ANC president, en vir elkeen sal daar wins wees as Ramaphosa oorwin kan word, maar daardie oorwinning sal net kom as iemand, veel sterker as Jacob Zuma, na vore kom om die groepe, tesame met sekere vakbond leiers, om eendragtig saam te werk.

Of die Ramaphosa ondersteuners, wat steeds die meerderheid van ANC lede om hom versamel het, gaan stilsit en die gebeure afwag, word betwyfel want daarvoor het hy reeds tydens sy verkiesing getoon dat hy oor die vermoë beskik om leiers om hom te versamel soos wat Afrika leiers gewoonlik doen.