Die Entstof darem !

Dit is ironies dat bykans 27 jaar na die referendum daar nou weer ‘n Ja en ‘n Nee ter sprake kom.  In 1994 is die volk deur die media en politici om die bos gelei om te glo dat ‘n JA stem die land gaan red.  Tyd het geleer dat die NEE stem eintlik die regte keuse was, want in 2021 sit die land letterlik in die moeilikheid. Diefstal en korrupsie deur ANC kaders, –  ministers en -amptenare het die land finansieel in skrootstatus. Dit aldus die agentskappe wat lande finansieel beoordeel.  Staats beheerde entiteite is in chaos weens die Afrika kultuur van geen instandhouding en onderhoud.

Nou kom 2020/21 en is daar ‘n pandemie.  Skielik slaag farmaseutiese maatskappye om ‘n entstof te ontwikkel binne ‘n kort periode. Enige entstof wat ontwikkel word, gaan deur streng toetse en herhaalde veranderinge voordat dit goed gekeur word deur lande se gesondheidsowerhede. Covid 19 se teen-entstof is skielik daar vanuit veral die Bric lande en almal moet ingeënt word. MAAR nou kom sekere lande en skiet die doeltreffendheid van die entstof af -veral vir persone bo 65.

Is die entstof doeltreffend?  Is dit lewensgevaarlik? Gaan dit met DNA verandering gepaard? Is dit ontwikkel vanuit gesaboteerde babas se selle?

Alles vrae?  Nou moet ons mense besluit. Wil ek gespuit word . JA of NEE. Gaan ons dalk verplig word om die spuit te neem? Tyd sal leer.

Adam Vraagsteller