Die besoeke aan Nkandla

Dit was eers die Rooi brigade se leiers wat by Nkandla opgedaag het vir ʼn koppie tee saal met hulle aartsvyand wat nou skielik verander het.

Wat tydens die tee drinkery gebeur het, weet niemand, behalwe dat iemand waarskynlik die Rooies se steun belowe het as hy sou weier om Maandag te verskyn voor die Zondo Kommissie.

Daarna was dit die MK Veterane se Niehaus wat op Nkandla was, en hulle sou nie net wou tee drink nie, word gesê. Die veterane sou waarskynlik hulle volle steun beloof het, ongeag wat Jacob Zuma sou besluit om te doen.

Daarna is die amptelike afvaardiging van die ANC wat hom besoek het, en wat waarskynlik sou probeer om die grondwetlike krisis wat ontstaan het, te vermy deur Zuma te oortuig om wel voor die Kommissie te verskyn.

Ingeligte bronne beweer dat die hele operasie twee elemente bevat wat nie geïgnoreer moet word in die beoordeling van die Zuma optrede nie.

Eerstens het Zuma daarin geslaag om met die optrede ʼn grondwetlike krisis te ontketen, en saam daarmee ʼn president geskep wat in die toekoms tot erge verwarring gaan lei.

Tweedens het Zuma daarin geslaag om ʼn deeglike oefenlopie te maak van wat sy werklike steun is, waarvan die vakbonde waarskynlik nie deel is nie.

Die verdere verloop van wat die vervolgingsgesag gaan doen, en wat die Zondo Kommissie se handelinge sal wees, is onbekend, maar het genoeg stof tot nadenke gebring.