Die beloftes van die president

Die Staatsrede was deurspek van beloftes, maar dit is nie nuwe foefies nie, dit is die ou-ou beloftes wat met nuwe klere hul verskyning maak.

Dit is die mening van verskeie politieke waarnemers wat sê die nuwe stad wat gebou gaan word, is vir die verkeerde redes beplan. Die stad kon ʼn soort werkskepping geword het, maar die ideologie het weer gewen. Die stad word gebou omdat die bestaande stede in die land afkomstig is uit die era van apartheid.

Dit wek die indruk dat ʼn nuwe stad gebou moet word om weg te beweeg van die apartheid en nie vir die daarstelling van ʼn ekonomiese groeipunt nie.

Die fokus sal volgens die president van op die uitwissing van die koronavirus pandemie, die beëindiging van korrupsie, ekonomiese hroei en werkloosheid wat hok geslaan sal word.

Ekonome sê die fokuspunte soos die president bekend gemaak het, bevat nie ʼn greintjie nuwigheid nie, en Suid-Afrika sal die jaar se ontwikkeling met Arends oë dophou, want die land is sat gewag dat iets positief moet gebeur.