Denemarke sluit grens met Duitsland

Doeltreffende beheermaatreëls wat in die Skandinawiese land Denemarke toegepas word, is een van die redes waarom die grens met Duitsland tydelik gesluit is.

Die steeds toenemende infeksie gevalle wat Duitsland ondervind, tesame met die koronavirus variant van Brittanje, is die hoofrede vir die sluiting

Die grens tussen die twee lande het minstens 13 grensposte wat deur die maatreël geraak word, en mense wat van een land na ʼn ander wil beweeg, moet van vliegtuig ritte gebruikmaak sodat hulle by aankoms op die lughawe, individueel getoets kan word.

ʼn Groot uitbreek van infeksie in die Duitse dorp Flensburg wat naby die grens geleë is, het die Deense regering laat besluit om strenger toegang vanaf Duitsland toe te pas, wat glo as tydelike maatreël gesien word.

Die burgemeester van Flensburg het bevestig dat ʼn onverwagse uitbreek van die koronavirus variant wat aanvanklik in Brittanje gevind is, die dorp oorspoel het.