Denemarke slaan toe op terreur groep

Die polisie en veiligheidsmagte in die Skandinawiese land Denemarke het klaarblyklik ʼn suksesvolle operasie uitgevoer toe 13 verdagte terroriste in Denemarke vasgetrek is.

Die polisie het ook met die hulp van Duitsland ʼn veertiende terroris vasgetrek wat probeer het om die lang arm van die gereg te ontduik.

Die polisie kon ook beslag lê op chemiese stof wat in ʼn beoogde aanval gebruik sou word, en die vermoede bestaan dat die aanvalle in die komende weke sou wees.

ʼn Polisie woordvoerder sê die saak is veel ernstiger as wat aanvanklik vermoed is, en die Minister van Justisie sê die polisie se optrede was uitstekend en het Denemarke van ʼn reuse tragedie gered.

Die toelating van sogenaamde vlugtelinge uit Afrika en Midde-Oosterse lande het veroorsaak dat Europa oorstroom is van terroriste wat die afgelope jaar stil geword het weens die koronavirus pandemie, maar het glo die afgelope weke weer bedrywig geraak in verskeie lande.