Denemarke bou energie eiland

Die konstruksie projek, wat klaarblyklik die grootste is in die geskiedenis van Denemarke, sal die skakel word van honderde wind turbines wat elektrisiteit aan miljoene huishoudings in die land sal lewer.

Die gedurige winde wat in die gebied waai waar die kunsmatige eiland gebou gaan word, sal turbines huisves wat soortgelyk is aan die aantal wat reeds in Kopenhagen krag voorsien aan 40% van die aanvraag in die land.

 Denemarke het reeds planne goedgekeur vir die bou van die kunsmatige eiland in die Noordsee vanwaar die skoon elektrisiteit gelewer sal word.

Die projek is so omvangryk dat dit krag sal voorsien aan woonhuise, en skoon waterstof vir die gebruik in die skeepvaart bedryf en selfs in die swaar vervoer dienste van die land.

Die eiland sal sowat 80 km weg van die Deense weskus geleë wees en beslaan 120,000 vierkante meter wat byna so groot is as 18 sportvelde.

Die regering hoop dat die reuse projek teen die jaar 2033 voltooi sal wees om skoon energie aan die land te lewer, en sal na raming $34 miljard kos.