Covid-19 en die ANC

Op 1 Februarie 2021 neem die sirkusmeester van die land 1 miljoen dosisse  Covid-19  entstof in ontvangs op die Johannesburgse lughawe. Groot gewag word van die geleentheid gemaak met die hoof mediese nar ook teenwoordig en tydens die geleentheid word met groot brawade aangekondig van ‘n ambisieuse plan om meer as 67% van die bevolking teen einde 2021 in te ent . Dit sou beteken dat daar maandeliks 6 miljoen mense , of bykans 194,000 mense per dag in te ent sou die “plan” afskop in Maart 2021.  Die entstof se verval datum  is 1 April 2021 en die owerhede het eers daarvan bewus geword met die ontvangs daarvan. So hier is klaar iets in die speek van die wiel

Die entstof wat verkry is , is van die Astra-Zeneca variasie. Skaars 7 dae later word die toediening van die Astra-Zeneca entstof op die vrieskas se rakke geplaas weens bewyse dat dit nie doeltreffend is vir gebruik in Suid Afrika nie . Medici vra dat verdere toetse gedoen moet word rondom die effektiwiteit van AstraZeneca voor dit toegedien word. Teen daardie tyd het die 1 miljoen dosisse verval en is dit nie meer geskik vir toediening nie.

‘n Verdere knelpunt is die toediening van entstof aan persone ouer as 65.  Kenners is haaks oor die effektiwiteit  van  Astra-Zeneca en ander entstof vir bejaarde persone. Merck inc. , van die VSA het reeds einde Januarie 2021 hul ontwikkeling van entstof gestaak en oorgegaan op terapeutiese behandeling.

Laastens lyk dit dat Suid Afrika gaan sukkel om ontvangde entstof verkoel te hou, dit te vervoer na afgeleë plekke en om weereens grootskaalse korrupsie te  voorkom in die hantering en verskaffing van die entstof.

Dit alles inaggenome gaan Suid Afrikaners nog lank in die tou staan vir inenting teen die Covid-19 virus. Dit is te se die wat wel die inenting wil ontvang

Jan Waarnemer