Colombia bied beskerming aan duisende vlugtelinge

Die Latyns-Amerikaanse staat Colombia het bekend gemaak dat hy aan duisende ongedokumenteerde vlugtelinge uit die buurland, Venezuela, huisvesting bied

Die vlugtelinge, wat glo sowat een miljoen siele is, sal ʼn 10-jaar beskermde status in Colombia geniet, maar sal moet aansoek doen vir ʼn verblyf visum.

Die aankondiging is deur die president, Ivan Duque gedoen en bygevoeg dat die tydelike beskerming status wat die vlugtelinge sal geniet, vir al die vlugtelinge sal wees wat uit Venezuela gekom het.

Die reël om die vlugtelinge ʼn beskerming te bied, gee ook die geleentheid dat hulle as inwoners van Colombia gesien kan word indien hulle sou verkies om permanent daar te woon.

Baie mense het uit Venezuela gevlug weens die diktator, president Nicolas Maduro, se onwettige bewind en wanbestuur van die land.