Coca-Cola voorsien spoedige ekonomiese herstel

Coca-Cola Co het die afgelope week voorspel dat hy as internasionale onderneming spoedig sal terugkeer na die groei wat minstens gelyk is aan wat ondervind is voor 2020.

Die Maatskappy sê die pandemie se hamerhoue sal vanjaar minder ernstig wees en die Wall Street syfers sal groot verbeterings toon.

Coca-Cola Co het wêreldwyd op aggressiewe wyse koste besparings ingestel vir die pandemie tydperk, en dit het gelei tot ʼn 2% groei in sy handel.

Die maatskappy het ondermeer honderde van sy onder presterende handelsmerke se aktiwiteite ingekort en gekonsentreer op die meer gewilde produkte soos byvoorbeeld die zero-suikervrye soda en vonkel water terwyl die herstrukturering veroorsaak het dat duisende werksgeleenthede in die slag gebly het.