Brittanje sluit Sjinese TV kanaal

Die Britse Uitsaai Reguleerders het die sekerheid dat die Sjinese staat senders van CGTN nie in Brittanje nie, maar wel uit Beijing beheer word.

Die Reguleerder sê die TV kanaal word deur die Sjinese Kommunistiese Party “beheer” en word gevolglik gestop om voort te gaan met uitsendings.

Dit is teen die regulasies van Brittanje dat ander regerings, partye of instansies uit ander lande beheer uitoefen op die uitsendings van ʼn TV kanaal in Brittanje.

In 2016 het die TV kanaal die Sjinese Kommuniste Party se ampsdraers op die CGTN kanaal gehad ten aanskoue van die kykers.

Na ʼn deeglike ondersoek het die Uitsaai Reguleerder beslis dat die TV kanaal gesluit word weens die oortreding van die regulasies.

Die kanaal CGTN is sedert verlede Donderdag finaal van die lug af in Brittanje.